
Doenit
Die eerste Afrikaanse taaklys-app
Organiseer jou lewe op 'n eenvoudige en veilige wyse en in jou eie taal. Geen internet nodig nie — net jy en jou take.
Hoekom Doenit?
Ontwerp vir Afrikaanse gebruikers wat waarde heg aan eenvoud, privaatheid en doeltreffendheid.
Herhalende take
Stel herinnerings op vir enige tydsinterval — maandliks, weekliks of selfs elke tweede Donderdag. Perfek vir roetines.
Vanlyn & veilig
Jou data bly op jou toestel, geënkripteer. Geen internet nodig nie, en jy bepaal of jy rugsteun wil hê.
Maklike kategorieë
Hou werk, huis en familie take apart met eenvoudige groepering en duidelike kleur-etikette.
Lig of donker tema
Pas Doenit aan by jou styl — automaties volgens jou toestel se instelling, of kies self.
Tuisskerm-widgets
Sien jou belangrike take direk op jou tuisskerm sonder om die app oop te maak.
Deel met vriende
Doenit Plus sal jou laat saamwerk aan take met vriende en familie. Bou saam aan doelwitte!
🇿🇦 Trots Afrikaans
Doenit is die eerste taaklys-toep wat volledig in Afrikaans ontwerp is. Gebruik Doenit en versterk sommer jou taal ook.
Kyk hoe eenvoudig is dit
'n Paar skermskote om jou te wys hoe maklik dit is om jou lewe te organiseer met Doenit.
Tuisblad
Jou hele dag in een oogopslag
Wysig take
Stel alles presies reg
Instellings
Maak dit jou eie
Wat sê gebruikers?
Terugvoer van die r/Doenit gemeenskap en Google Play-resensies
"Hou baie daarvan!"
"Uitstekend toep, dit is verbruikers vriendelike en werk goed."
"Baie lekker om so n toepassing in afrikaans te kan hê. Baie gebruikersvriendelik."
Gereelde vrae
Antwoorde op die mees algemene vrae oor Doenit
Is Doenit werklik gratis? ▼
Hoe veilig is my data? ▼
Wanneer kom Doenit na iOS? ▼
Kan ek Engels ook gebruik? ▼
Word deel van die Doenit-familie
Sluit aan by duisende gebruikers wat reeds hul lewe organiseer met Doenit. Deel idees, kry hulp, en help ons Doenit nog beter maak.
Gereed om te begin?
Begin vandag
📲 Kry Doenit nou - Gratis!Beskikbaar op Android via Google Play Store